Waarskuwings

NPN Waarskuwing (waar sodaning aangedui word):

Hierdie Veevoedsel bevat `n NPN bron. Meng en voer streng volgens voorskrifte.

NPN Waarskuwing:

  1. Gedurende die eerste week moet addisionele ruvoer gevoer word om die diere aan te pas.
  2. Hierdie voer moet ad lib gevoer Hou die voerbakke ten alle tye vol.
  3. Beskerm hierdie veevoedsel teen reën. NPN is oplosbaar en diere wat so ‘n oplossing drink kan vergiftig word.
  4. Moet nie hierdie veevoedsel onoordeelkundig saam met ander NPN-bevattende veevoedsels voer nie. Raadpleeg ‘n veekundige.
  5. Asyn is ‘n doeltreffende middel teen NPN-vergiftiging. Meng met gelyke hoeveelheid water en doseer ‘n halwe bottel per kalf of groot skaap en 2 – 4 bottels per bees (1 bottel = 750 ml).

Medikament Waarskuwing:

Slegs van toepassing op produkte in RSA.

Uitvoerprodukte met NFF registrasienommers bevat geen Medikamente nie.

Hierdie veevoedsel bevat geregistreerde medikamente. Voer streng volgens neergelegde gebruiksaanwysings. Sien bykomende saketikette vir verdere belangrike besonderhede.

GMO Verklaring:

Hierdie veevoedsel mag geneties gemanupileerde grondstowwe (GMO) bevat.